Ons bevorder gesondheid en help in tye van nood

Klik op ’n diensafdeling om betrokke diensverskaffers in Orania te sien

EUREKA NOOD-EN REDDINGSDIENSTE

In geval van nood: 077 259  9850
Kontakpersoon: Susan Coetzer
E-pos adres: Susan.coetzer@eureka-emsr.com
Adres: S30 Olienhoutrylaan, Orania, 8752
Ure: 24/7

Dienste: Eureka Nood-en Reddingsdienste is ’n professionele, betroubare nood mediese diensverskaffer, so ook ʼn gemagtigde diensverskaffer van Rocket Connect wat toegewy is aan die lewering van hoëgehalte nood- en reddingsdienste aan die gemeenskap.

Ons dienste sluit in:
24-uur noodambulansdienste
Inter-hospitaal en langafstand pasiëntevervoer
Geregistreerde en ervare HPCSA-noodpersoneel
Mediese dekking vir sportbyeenkomste en openbare geleenthede.

Susan Coetzer is ʼn ambassadeur vir Rocket Connect.

Eureka Nood-en Reddingsdienste werk volgens professionele standaarde met die fokus op pasiëntveiligheid, vinnige reaksietye en deernisvolle sorg.

ROCKET Lugambulans

In geval van nood: 086 035 4448

Vir meer inligting: Susan Coetzer – 073 170 7536 (Orania Ambassadeur) of Craig van Rensburg – 072 688 1165 (Nasionale Verkoopsbestuurder)

Ure: 24/7

Dienste: 

  • PADAMBULANS  – Toegang tot mediese noodreaksie deur ROCKET se uitgebreide padambulansnetwerk. In samewerking met Eureka EMRS in Orania.
  • LUGAMBULANS – Toegang tot mediese noodreaksie per lugambulans, onderhewig aan ROCKET se vlugkriteria, soos gespesifiseer in ROCKET T&V’s.
  • MEDIESE NOODONDERSTEUNING – ROCKET neem eienaarskap van jou oproep om jou en jou gesin deur jou mediese noodgeval te ondersteun. Hulle bly op die oproep, terwyl hulle nooddienste koördineer en deurlopende opdaterings verskaf tydens jou mediese oorplasing en hospitaalopname.
  • NOODBESTUURSENTRUM – Onbeperkte oproepe na ROCKET se noodoproepsentrum.

*Onderhewig aan ROCKET T&V’s en binne die grense van die Republiek van Suid-Afrika.

Sluit aan by ROCKET Connect vir onbeperkte mediese nooddienste. Vul die onderstaande aansoekvorm in om aan te sluit teen R75 per lid per maand. Kies onder op die vorm Susan Coetzer as ambassadeur.

Orania Veiligheidsdienste

In geval van nood: 060 501 7877
Ure: 24/7

Dienste: Aktiveer die Mediese Noodspan. 24-uur bystand in Orania.

Karoosig Aftreeoord

Vir afsprake: 084 208 1741

Kontakpersoon: Pierre Fourie

E-pos: bestuurder@karoosigaftreeoord.co.za

Webwerf: https://karoosigaftreeoord.co.za/

Adres: Olienhoutrylaan, Orania, 8752

Ure: Maandag – Vrydag , 08h00-17h00

Dienste: Versorging en ondersteuning vir bejaardes in Orania.

Jaroelie Arbeidsterapie

Vir afsprake: 066 445 1865

Kontakpersoon: Yoraldé Grotius

Ure: Maandae – Vrydae , 08:00 – 16:00

Dienste: Arbeidsterapie is ‘n gesondheidsberoep wat mense help om onafhanklikheid in hulle daaglikse lewe te bereik en struikelblokke tot deelname te oorkom. Mense van alle ouderdomme en met verskeie kondisies kan by arbeidsterapie baat vind.

Protea Begrafnisdienste

Vir navrae: 071 453 4312

Kontakpersoon: Christo Ackerman

Ure: 24/7

Adres: Jaspis str 39, Orania, 8752

Dienste: Begrafnisse ; Verassings; Polisse en Grafstene

Van Der Colff Chiropraktisyn

Vir afsprake: 066 314 9736
Kontak persoon: Dr Hyla van der Colff
E-pos adres: chiro@wellnesstouch.co.za
Ure: Maandag, Woensdag en Donderdag middae

*Neem kennis dat my ure is tans soos bo maar mag gedurende die jaar aangepas word. Pasiente word in kennis gestel indien enige veranderinge plaasvind.

Dienste: Diagnosis, behandeling en voorkoming van meganiese afwykings van die muskuloskeletale stelsel(bene, gewrigte en spiere) en die uitwering van hierdie afwykings op die funksionering van die senuweestelsel en algemene gesondheid.

Orania Mediese Sentrum

Vir afsprake: 053 3720 911

Kontakpersoon: Connie Marx

Ure: Open binnekort

Dienste: Professionele mediese sorg en gesondheidsdienste aan die gemeenskap van Orania

Bethesda Gesondheidshuis

Vir afsprake: 079 419 0452

Kontak persoon: Dr Ethel Bekker

Adres: 143 Saffierstraat, Orania, 8752

Ure: Maandag-Vrydag: 9h00-12h00 & 14h00-17h00

Dienste: Behandeling met natuurlike produkte. Skandering met frekwensie apparate.

Annamarie van der Merwe Fisioterapie

Vir afsprake: 082 440 6637

Kontakpersoon: Annamarie van der Merwe

Ure: Maandae tot Saterdae per vooraf afspraak.

Adres: Wynhuisgebou, Olienhoutrylaan S17, Orania, 8752

Dienste: Evaluering en behandeling waar ‘n persoon se funksie en lewenskwaliteit belemmer word. Behandeling van spiere, gewrigte,  asemhaling- of senuweestelsel met metodes soos oefeninge, strekke, massering, hitte of kouebehandeling, en elektriese stimulasie . Tipes toestande wat behandel word sluit in rug- en nekpyn, sportbeserings, artritis, hoofpyne en herstel ná beroerte of operasie asook siektes van die asemhalingstelsel.

Rene Bredenkamp Fisioterapie

Vir afsprake: 082 774 7609

Kontakpersoon: Rene Bredenkamp
E-pos: r.bredenkamp24@gmail.com
Ure: Maandae, Woensdae & Vrydae 8h00-13h30 (in Orania): 

Die ander dae werk ek vanaf my Petrusville praktyk wat tans op die plaas Renosterberg is.

Dienste: Pynverligting en alle fisiese rehabilitasie wat heropleiding van beweging en versterkings en bewegingskorrigering insluit, is die spektrum van my praktyk.

NMS Physiotherapy-Fisioterapie

Vir afsprake: 083 659 3134

Epos adres: info@nmsphysio.co.za

Ure: Maandae – Vrydae 07:00 – 17:00

                   Vakansiedae – Gesluit

Dienste: Ons is ’n omvattende fisioterapiepraktyk wat persoonlike sorg bied vir pasiënte van alle ouderdomme. Ons dienste sluit sportbeseringsrehabilitasie, pediatriese fisioterapie, ortopediese en neurologiese rehabilitasie, neuromuskuloskeletale behandeling en vrouegesondheid in. Ons fokus op wetenskaplik-ondersteunde behandeling om funksie te herstel, pyn te verminder en pasiënte te help om weer met selfvertroue te beweeg.

Orania Satelliet Kliniek

Vir afsprake: 053 207 0063

Kontakpersoon: Lynette Bronkhorst, Dr A de Jager en Sr M Wiid

Ure: Maandag en Donderdag 08:00-15:30

Adres: Gannaboslaan 2, Klein Geluk, Orania, 8752

Dienste: Basiese gesondheidsdienste, inentings, siekte‑beheer en siftingstoetse vir die gemeenskap van Orania.

Oralab Mediese Laboratorium

Vir navrae : 083 367 5758

Kontakpersoon: Karen Booysen

Ure: Maandag – Vrydag, 8h00-16h00

Res van die tyd beskikbaar vir spoed monsters

Adres: S30 Olienhoutrylaan, Orania, 8752

Dienste: Bloedtoetse

Orania Helpmekaar

Vir afsprake: 053 110 0797

E-pos: admin@oraniahelpmekaar.co.za

Webwerf: https://oraniahelpmekaar.co.za/

Adres: Olienhoutrylaan 68, Orania, South Africa

Ure: Maandag – Vrydag , 08h00-17h00

Dienste: Orania Helpmekaar lewer maatskaplike dienste in Orania

Orania Oogkundiges

Vir afsprake: 074 827 3915 (NIE 072 408 0515)

Kontak persoon: Karin Kemp

Ure: Weeksoggende 9:00-13:00

Na-ure op ‘n Saterdag per vooraf afspraak

Webwerf: www.oraniaoogkundiges.co.za

Adres: Winkel 2, Horison Nywerheidskorf

Dienste: Van bestuurslisensietoetse & -vorms tot volledige oogtoetse en brille of kontaklense asook ‘n verskeidenheid produkte soos sonbrille en oogdruppels.

Badenhorst X-Strale

Vir afsprake: 082 336 4723

Kontakpersoon: Gizelle Badenhorst (Radiografis)

Ure: Slegs op afspraak

Adres: Orania Mediese Sentrum

Dienste: Diagnostiese x-strale met radiologiese verslag.

Hannekie Verwoerd Spraak- en Taalterapeut

Vir afsprake: 083 395 0897

Kontak persoon: Hannekie Verwoerd

E-pos adres: hannekiev@gmail.com

Ure: 8h00-17h00

Skakel gerus telefonies in bogenoemde tyd of stuur ‘n whatsapp boodskap.

Dienste: Ek spesialiseer in taal- en spraakontwikkelingsafwykings, asook ouditiewe prosesseringsprobleme by kinders van alle ouderdomme. 

Dr's Kemp & Volschenk

Vir afsprake: 083 225 4955

Kontakpersoon: Melanie Smith

E-pos: npauto9office@gmail.com

Adres: In die kantoor by die Gemeenskapswembad

Ure: Reël asseblief ‘n afspraak op die aangewese nommer aangesien Dr Kemp en Dr Volschenk nie voltyds in Orania praktiseer nie. Dr Kemp kom ongeveer elke 6 weke vir ‘n dag na Orania. Dr Volschenk kom ongeveer elke 4-6 weke na Orania.

Dienste: Dr Kemp doen vulsels & ekstraksies (trek). 

Dr Volschenk doen vulsels en skoonmake en kan ook bytplaatjies ens. doen. Sy is ‘n mondhigiënis ook.